Gemeenteblad - http://ngkdelabat.tripod.com


Van die Redaksies
Gebedsversoeke
Die leraars gesels met ons
  Kersboodskappe
Van die Leraars
De la Bat Bellville
Effata Gemeente
Pretoria Dowes
Worcester De la Bat
  Hoogtepunte
De la Bat Bellville
Effata Gemeente
Pretoria Dowes
Worcester De la Bat
  Gemeentenuus
De la Bat Bellville
Effata Gemeente
Pretoria Dowes
Worcester De la Bat
   Artikels
Wat is Advent, Kersfees en epifanie?
Jy soek te veel geluk
Die hemel het 'n nommer
Die ideale vrou
Opstel deur laerskoolleerling
'n Inspirerende storie
Vriendskap
   Gereeld
Grappies en staaltjies
Verjaarsdae
Geestelike stukkies
   Briewe
Al ons lesers gesels saam
   Redaksie
   Redaksie


Vorige uitgawes



GEMEENTENUUS

IN EN OM PRETORIA DOWES GEMEENTE

Afkondiging: Reunie: Transoranje-Skool vir dowes - 2004

2002 - WAT HET ONS NOG OP DIE PROGRAM (DV)

VERLOF DS JAN
Ds Jan sal DV vanaf 2 Desember 2002 tot 15 Januarie 2003 met verlof wees. Hy sal ook eksamen skryf te Bloemfontein gedurende Januarie. Bid asseblief vir hom.

KERKKANTOOR
Die kerkkantoor sal vanaf 17 Desember 2002 tot 3 Januarie 2003 gesluit wees. Kontak asseblief vir Arina as daar dringende sake is.

7 DESEMBER (DV)
Pannekoekverkope te Magnolia Dal. Fondse word ingesamel vir kosmandjie en vervoer uitgawes. Ons sal baie waardeer as lidmate vir ons sal kom help. Dit is altyd harde werk, maar na die harde werk dank ons die Here Jesus vir al Sy seëninge.

8 EN 15 DESEMBER 2002 (DV)
Daar sal om 11:15 erediens wees op bogenoemde datums. Ds Jannie van Heerden sal vir ons die eredienste lei.

25 DESEMBER 2002 (DV)
Jesus Geboortefees diens is om 08:00 by ds Jan en Drienie se huis. Daar sal heerlike koue koeldrank en verversings wees. Kom! Almal is welkom.

31 DESEMBER 2002 (DV)
Die aand om 19:00 is daar 'n ou/nuwejaarsdiens by die kerk. Almal is baie welkom om die jaar 2002 rondom Jesus te kom afsluit en 2003 rondom Hom te begin.


2003 (DV) - WAT GAAN GEDURENDE JANUARIE GEBEUR?

LEIERSOPLEIDING
Die kerkraad gaan leierskap opleiding kry op 11 Januarie 2003 (DV). Kerkraad kom om 09:00 bymekaar.

EERSTE EREDIENS VAN 2003
Op 12 Januarie 2003 om 11:15 by die kerk.

JEUG VIR JESUS AKSIE
Om 19:00 op 16 Januarie 2003 (DV) is die eerste byeenkoms van Jeug vir Jesus Aksie (ou Jesus Yuppies).

JESUSKRING WERKSWINKEL
Op 18 Januarie 2003 vanaf 09:00 tot 14:00 is daar Jesuskring Werkswinkel by die kerk. Al die Jesuskring onderwysers moet dit asseblief bywoon.

KOMMISSIES VERGADERINGE
Vanaf 11:00 tot 18:00 by die kerk op Sondag, 19 Januarie 2003.

AANDEREDIENS
Eerste aanderediens van die jaar is op 19 Januarie 2003 om 19:00 by die kerk.

WEEK VAN GEBED
20-23 Januarie 2003 (DV) om 18:30 vir 19:00 by die kerk.

UNIEGEBOUE
Jakaranda gemeente en ons kom weer op 25 Januarie 2003 (DV) om 06:00 by die Uniegeboue bymekaar vir 'n saambid geleentheid.

VERGIFNIS-EREDIENS
26 Januarie 2003 om 11:15 by die kerk.

SAMEKOMSTE IN DIE WYKE
Die kerkraad het dit goedgekeur dat daar gedurende 2003 elke Woensdagaand om 19:00 samekomste in die wyke gehou word. Die eerste samekoms sal op 29 Januarie 2003 (DV) wees. Die leiers sal met die lidmate in die wyke kontak maak en laat weet waar elke wyk se samekoms sal wees. Daar sal boekies uitgedeel word waaruit die samekomste gelei sal word.

OGGEND BYBELSTUDIE
Eerste samekoms van 2003 sal DV op 30 Januarie om 10:00 by die kerk wees.


Terug na bo



Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville