Gemeenteblad - http://ngkdelabat.tripod.com


Van die Redaksies
Gebedsversoeke
Die leraars gesels met ons
  Kersboodskappe
Van die Leraars
De la Bat Bellville
Effata Gemeente
Pretoria Dowes
Worcester De la Bat
  Hoogtepunte
De la Bat Bellville
Effata Gemeente
Pretoria Dowes
Worcester De la Bat
  Gemeentenuus
De la Bat Bellville
Effata Gemeente
Pretoria Dowes
Worcester De la Bat
   Artikels
Wat is Advent, Kersfees en epifanie?
Jy soek te veel geluk
Die hemel het 'n nommer
Die ideale vrou
Opstel deur laerskoolleerling
'n Inspirerende storie
Vriendskap
   Gereeld
Grappies en staaltjies
Verjaarsdae
Geestelike stukkies
   Briewe
Al ons lesers gesels saam
   Redaksie
   Redaksie


Vorige uitgawes



DIE REDAKSIE Sê


DE LA BAT GEMEENTE REDAKTRISE-BRIEF

'n Mens kan alweer nie glo dat dit amper einde van die jaar is nie, maar waarvoor ek opgewonde is, is dat ons weer 'n gesamentlike nuusbrief te kan hê en dat die ander 3 gemeentes ook ingestem het om die nuusbrief weer vol te maak van al die lekker nuus en gebeurtenisse in die gemeentes. Soos Bellville se gemeente weet dat my redaktrise-pos aan die einde gekom het. Ek was vir 4 jaar lank doenig met die nuusbrief, dit was vir my 'n wonderlike geleentheid om nuusbriewe te behartig. Ons bid en soek nog vir 'n geskikte redaktrise om die pos weer te vul. As daar iemand is wat belangstel, is welkom om aansoek te doen. Dankie aan almal wat getrou nuus gestuur het en my ook ondersteun het. Asook die redaksie span wat hard gewerk het om die nuusbrief suksesvol te maak. Bid vir my en vir Neil oor ons toekomsplanne dat Neil geskikte werk kan kry en dat die Here ons sal gebruik om sy instrumente te kan wees. Ek dank die Here vir al die voorsieninge wat Hy vir ons gegee het, ons kan nie ophou genoeg dankie sê vir die Here se groot genade nie. Mag die Here elke gemeente spesiale seëninge gee en wees verseker dat ons gemeente De la Bat ook aan julle almal dink en bid.
Mooi Kersfees vir almal en Voorspoedige Nuwejaar 2003. Geniet die gesamentlike nuusbrief!

Nicolene du Plessis

DE LA BAT GEMEENTE WEBBLAD EN INTERNET-ASSISTENT-BRIEF

Dit is met 'n groot hartseer dat ons van Nicolene as ons Dowe Fokus redaktrise moet afskeid neem. Sy het wonderlik bygedra tot die sukses van Dowe Fokus en ek wil graag namens ons almal vir Nicolene baie dankie sê vir haar harde werk die afgelope 4 jaar, eerste 2 jaar as redaktrise-assistant, die ander 2 jaar as redaktrise. Ons gemeente waardeer dit wat jy gedoen het. Soos ek die laaste tyd saam met haar gewerk het, het ek besef dat die nuusbrief nie altyd maklik was nie. Nicolene, mag die Here jou seën op jou lewenspad vorentoe. Ons sal jou baie mis!

Jy was 'n redaktrise duisend!

Van my kant af:

Dit is nou al meer as 1 jaar wat ek werk aan die Internet-weergawe van Dowe Fokus . En hoe het die tyd nie verby gegaan nie! Soos julle almal weet - ek studeer Inligtingstegnologie (IT) by die Kaapse Technikon. In my eerste jaar het ons Internet programmering/ontwerp geleer. Ek het dit baie geniet om webbladsye te ontwerp, toe het ek daaraan gedink om die nuusbrief op die Internet te plaas, sodat dowes, wat nie altyd die nuusbrief kon kry nie, dit van die Internet af kon lees. Dit is hoe ek begin het om saam met Nicolene te werk. Ek het baie gesukkel om 'n geskikte webadres te kry. Baie gratis webadresse wat beskikbaar was, was baie lank en moeilik om te onthou. Die eerste amptelike adres van Dowe Fokus was www.dowefokus.8m.com . Dit het goed gewerk, maar die advertensies was lastig. In die begin het dit my 'n week geneem om 'n maand se uitgawe op te sit. 'n Paar maande later het ek Ds. Hough se "scanner" (spesiale "afrol"masjien om fotos op rekenaar te sit) geleen om fotos ook te kon opsit. Ek het toe intussen nog gesoek vir 'n nuwe adres. In die begin van April 2002 het ek 'n nuwe adres oopgemaak - http://dowefokus.tripod.com. Soos ek rondgesoek het, het ek gesien baie horende kerke het hul eie webbladsy. Ek het gedink dit sal baie nuttig wees as ons kerk ook hul eie webbladsy kan hê waar ander mense inligting kon kry oor ons gemeente. In Junie 2002 het ons kerk toe hul eie webadres - http://ngkdelabat.tripod.com - gekry. Daarop is al die inligting van ons gemeente asook preke van Ds.Hough en bidure wat ek toe later bygesit het. Ek is nou al so gewoond aan hierdie werk dat waar 'n maand se uitgawe van Dowe Fokus my 'n week geneem het, vat dit nou net 2 dae om dit op te sit.

Alhoewel dit maar die begin is, hoop ek dat hierdie twee webbladsye 'n sukses sal word en dat dit mense meer bewus sal maak van ons dowe gemeente en die Woord van God. Baie dankie vir Nicolene wat my ondersteun het en altyd betyds die nuusbrief vir my gestuur het. Ek waardeer dit, hoor!

Magda Spence


PROP. NEIL DU PLESSIS AAN DIE WOORD

Ons het aan die einde van nog 'n jaar gekom! Ek glo dat elkeen van u baie uitsien na 'n paar dae van vakansie en kuier saam met vriende en familie in die feestyd. Dit is my gebed dat elkeen van ons, waar ons, ons ookal hierdie feestyd gaan wees, vir 'n paar oomblikke sal stil word en sal dink aan die grootste geskenk wat ons hemelse Vader vir ons gegee het. God het mens geword in Betlehem! Ja, Hy het neergedaal en tussen ons kom woon. Dit sê vir ons hoe God oor ons voel. Hy wil nie ver van Sy kinders af wees nie. Nee! Hy is ons Vader en Hy wys vir ons deur Jesus se lewe op aarde dat Hy by ons is en ons baie liefhet! Hierdie Kerstyd is 'n wonderlike simbool van lewe. Christus het die dood en die sonde van hierdie wêreld oorwin. Daarom kan ons weet dat ons vrygekoop is en nuwe mense is voor God! Nuwe mense leef nie meer soos ou sondige mense nie. Hulle is 'n voorbeeld van God se liefde en genade vir die hele wêreld! Mag u hierdie feestyd Sy liefde en genade deel met almal om u! Ek wens u daarom 'n baie geseënde Christusfees en 'n baie geseënde en voorspoedige 2003!!

(Neil se eksamens het goed gegaan, op 22 November 2002 het hy sy punte gekry. Hy het Cum Laude gekry. Die gradeplegtigheid sal op 12 Desember 2002 by DF Malan Saal by Stellenbosch plaasvind. Ons is almal werklik baie trots op jou en al die harde werk wat jy gedoen het, is beslis die moeite werd. Intussen is hy hard besig om aansoeke te doen vir werk en mag ons vir hom baie bid dat die Here vir hom sal wys waar hy moet wees- Red)


EFFATA GEMEENTE SE REDAKSIE BRIEF:

Liewe lesers,

Hierdie lekker dik nuusbrief is nou al die derde nuusbrief van ons vier gemeentes saam. Ons redaksie span word met die jare al hoe slimmer en slimmer, want die reëls wat ons moet nakom word al hoe minder en minder, die nuusbrief se kwaliteit word al hoe beter en beter, die boekie word al hoe dikker en dikker, ons word al hoe trotser en trotser, en nou lees julle al hoe lekkerder en lekkerder! Ons redaksie span moet eendag bymekaar kom en saam gaan uiteet, ons verdien dit!

Dit bly steeds vir ons baie belangrik dat al die gemeentes in noue kontak met mekaar moet bly en bewus moet wees van wat in ander gemeentes gebeur, en hoe hulle werk, hoe hulle die Here dien met hulle talente en gawes. Die sesde Sinode vir Dowes word ook juis by ons gemeente hierdie jaar aangebied (waaroor ons baie opgewonde is), ook sodat ons steeds kan leer van die drie ander gemeentes en die Here se werk hier op aarde beter kan doen. Hoe groot en wyd is die Here se genade vir ons vier gemeentes!

Dit is regtig baie harde werk om so 'n gesamentlike nuusbrief op te stel, ons vra ons lesers dus baie mooi om asseblief hierdie nuusbrief vyfkeer oor en oor te lees........

Geniet dit!
Paulus en Petro van Effata


PRETORIA GEMEENTE VIR DOWES - UIT DIE PEN VAN ONS REDAKSIE

'n Woord van hartlike dank aan ons Hemelse Vader wat ons nog 'n jaar gespaar het. Dankie aan elkeen in die gemeente Pretoria Dowes wat so hard gewerk het hierdie jaar. Miskien het niemand ooit vir jou dankie gesê nie. Nou sê ons dankie. Ons dank die Here vir jou. Mag jy 'n geseënde Christusfees hê en ook 'n wonderlike nuwe jaar saam met Jesus Christus.

Arina Visser


WORCESTER GEMEENTE REDAKTRISE-BRIEF

Die einde van die jaar is al weer voor die deur en 'n mens kan dit nie glo nie en boonop dat Kersfees ook naby is en die vakansie op hande is. Al die goeie nuus maak ons bly, natuurlik moet ons bly wees, maar veral dat Jesus lank terug aarde toe gekom het, om mens te word sodat Hy aan die kruis kan sterf op ons plek vir ons sondes, sodat ons die ewige lewe kan hê. Ek wil vir die Here baie dankie sê dat Hy die jaar wat verby is vir ons goed gesorg het en mooi na ons gekyk het en dat Hy ons gespaar het.

Ek wil vir julle almal regoor in Suid-Afrika 'n Geseënde Kersfees en Voorspoedige Nuwejaar 2003 toewens. Mooi en veilig ry op die pad as jul met vakansie gaan of rondry. Geniet die nuusbrief!

Liefdegroete in Jesusnaam

Hendrika Barkhuizen


Terug na bo



Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville